Ride Calendar

June 2017
S M T W T F S
01 02 03
04 05 06 07 08 09
11 12 13 14 15
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30
 
Ride: DARLING RIDE
Venue: Darling
Date Start:2017-06-10
Closing Date:2017-06-06

Ride: MIDVAAL RIDE
Venue: Bloekompoort Caravan Park
Date Start:2017-06-10
Closing Date:2017-06-07

Ride: LOUWNA RIDE - FRIDAY
Venue: Louwna
Date Start:2017-06-16
Closing Date:2017-06-14

Ride: LOUWNA RIDE - SATURDAY
Venue: Louwna
Date Start:2017-06-17
Closing Date:2017-06-15


MEI NUUSBRIEF

Nuusbrief Mei ‘17

 

Kort oorsig van  SAIC  Walvis en FS.

 

SAIC’17

Ek is seker almal het ten minste gehoor van SAIC’17  op Bethlehem se groot sukses.

Van my en Erasa raad se ons baie dankie aan almal wat ‘n sukses storie help bou het.

Eduard en sy reelings komitee het uitmuntende werk gedoen. Die beamptes,tydhouers en veeartse was uitstekend.

Die samehorigheid en gees oor die hele week was aansteeklik.

Natuurlik was daar enkele klein haak plekke. Die wat ek van te hore gekom het, is daar by die rit ,effektief hanteer.

Die grootste dankie gaan aan elke ruiter wat gaan deelneem het . En ook in so groot getal.  418 inskrywings. Die “uitval” persentasie was ook 10% laer as as vorige SAIC’s.

Wel gedaan aan al die ruiters EN hulle spanne.

 

Dit was so dat Namibie nie kom deelneem het nie. Nie in span verband OF individueel nie. Nogtans die goeie opkoms en uitnemende rit.

 

Baie dankie aan die barbarian spanlede vir hulle deelname en Jeremy se reelings. Geluk met die baba’s se 160km oorwinning

Geluk aan ons Federasie/Erasa spanne .  Ons het in al die kategoriee kon “kleure” gee. Ons hou duim vas dat die president geskep is vir “protea kleure” in al die kategoriee wanneer ons vol internasionaal deelneem.

Dankie aan die hele advies komitee se harde werk om spanne bymekaar te kry en aan die spanbestuurders vir al reelings en naels kou op rit.

 

 

Walvis’17

Nou die stukkie slegte nuus.

Ons gaan NIE met spanne Walvis toe nie.

Ons het skrywe aan NERA gerig op die 2’e Mei.

Ons wou verneem of hulle beplan om ERASA  te nooi vir Walvis’17

Indien wel, wou ons graag ‘n vergadering he om die lug te suiwer.

 

Ons het antwoord gekry dat Erasa wel genooi gaan word.

Geen melding van vergadering nie.

Lang kommentaar oor Groep iX vergadering en Afrika deelname  en fei fooie

 

Op 5 Mei versoek ons weereens ‘n vergadering.

Ek haal aan uit NERA antwoord .  ” Ons raad voel dit eens dat ons niks so dringends op ons harte het nie”

 

Erasa raad het swaarmoedige besluit geneem tot NIE deelname vir 2017.

Ons hoop dat wanneer almal tyd het,  ERASA en NERA en BERA, bymekaar kan kom, om oor moontlike 2018 deelname oor en weer , te gesels .

Ons besluit is baseer op :

                1. Ons moet kortlyste uitkry om spanne aan te kondig by FS. Tyd is uit.

                2. Ruiters wat net vir Walvis voorberei het, tyd te gee om nou FS’17 deel te neem.  (ASB ! )

 

 

 

Faure Smith ‘17

Ons is hard aan die beplan vir FS.  Ons wil baie graag die goeie gees wat op Bethlehem geheers het oordra na FS.

Dit kan net bewerkstellig word met elke deelnemer se eie bydrae.

Ek en die raad versoek dat elkeen wat kwalifiseer het vir FS, asb inskryf.

Kom deel in die kameraderie, gees , kompetisie en vriendskap.

Elkeen van ons kan FS die beste, grootste ooit maak.

Ek wil my verstout om te se/vra  dat ons 500 inskrywings wil he.

Daag op, maak ‘n verskil.

 

Erasa en provinsiale span deelname soos in verlede.

 

Uithourit en ERASA is die sport.van uitnemendheid.  Kom ons bou verder daaraan

 

Niel Kirstein